top of page

Wat is HOOP?


Die eerste gedagte wat by my opkom is, die woord geloof. Jare gelede het die Here hierdie gedagte by my laat opkom dat ek die blad geloof moet begin. Geloof is een van die dinge wat my naaste aan die hart lê. Wat is geloof - Geloof is om seker te wees van die dinge wat ons hoop en om oortuig te wees van die dinge wat ons nie sien nie.


Lees dit gou weer, seker van die dinge wat ons hoop. Ek lees nou 1 Kor 13:13 waar Paulus skryf vir die gemeente in Korinte, En nou, geloof, hoop en liefde bly hiedie drie. En die grootse hiervan is die liefde. Waar daar nie hoop is nie sal daar nie liefde wees nie en waar daar nie geloof is nie sal daar nie hoop wees nie. Die drie loop hand aan hand.


Ek is baie lief vir die boek Romeine maar lees nou die eerste keer die vers raak, dalk omdat in die konteks van hoop gesien word. Rom 15:13 - Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al sterker kan word deur die krag van Heilige Gees.


Hier het ons dit nou uit die perd se bek, mag God die bron van hoop vir ons almal wees. Ons moet elke dag ons hoop in Hom vestig en vas bly glo dat Hy ons die vreugde en vrede sal gee soos Hy aan ons beloof het. Ons moet soos Abraham wees. Rom 4:21 - Hy was ook tenvolle daarvan oortuig dat God die mag het om te doen wat Hy beloof het. As jy die gedeelte lees sal sien gaan dit oor Sara wat al baie oud was en nie gedink het sy sal kinder kan kry nie. Ons almal weet wat het gebeur. Abraham het die vader van baie nasies geraak.


Paulus skryf n brief, Titus, aan die gemeente in Kreta en dit sluit baie goed aan by die brief in Korintiers en lees soos volg: Van Paulus, 'n dienaar van God en die apostel van Jesu Christus. Ek het die opdrag ontvang om die uitverkorenes van God te lei tot die geloof en tot kennis van die waarheid wat lei tot die diens van God en wat hoop gee op die ewige lewe. God wat sy woord hou, het die ewige lewe lank gelede aan ons belowe.


Ek en jy moet besef dat ons hoop in God gevestig moet wees en dat ons soos Abraham moet vas bly glo in die belofte wat God aan ons gemaak het. Romeine 5:3-5: - En dit is egter nie al nie. Ons verheug ons ook in die swaarkry, want ons weet swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, die egtheid van geloof kweek hoop, en die hoop beskaam nie, want God het sy liefde in ons harte uitgestort deur die Heilge Gees wat hy aan ons gegee het.


Kom ons maak hierdie vers deel van ons dag. Plaas dit in jou agterkop en deur dink dit gedurig deur die dag. Laat die Heilige Gees toe om hierdie vers in jou brein te graveer. Kan jy jouself indink waardeer Paulus alles moes worstel. Die Heilige Gees het hom gehelp om deur al die worsteling te kom en so sal Hy ons help. Dink het wat sou gebeur het as Paulus al die hulp middele kon geha dhet wat ons vandag het.


Maak 'n punt daarvan om jou hoop op God te vestig. Moenie twyfel nie. Wanneer twyfel jou gedagtes beinvloed, praat met die Heilige Gees wat in jou leef. Deel elke gedagte en weet dat God jou sal help. Maak nie saak hoe groot of klein die dinge is waarmee jy worstel nie. Onthou die hoop beskaam nie.


GEBED

Almagtige Vader, dankie vir die hoop wat U ons gee. Help ons om die Heilge Gees opnuut die belofte te besef en dit gedurig deur te bedink. Ons weet dat U ons die belofte van die ewige lewe gegee het en ons bid dat U ons sal bystaan in tye waar ons dalk die pad verloor. Mag ons, elkeen wat hier lees, opnuut U krag en genade ervaar.


Ons wil ervaar soos Paulus dit beskryf, ons verheug ons in die swaarkry want ons weet dit kweek volharding, volharing kweek egtheid van geloof en egtheid van geloof kweek hoop en Here ons weet , die hoop beskaam nie.


AMEN

3 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page