top of page
Writer's pictureGeloof

Wat is 'n christen se roeping?

Ons lees in 2 Petrus hoe die skrywer die mense herinner aan wat dit beteken om 'n Christen te wees. Dit begin by die wete dat ons reeds Goddelike krag ontvang het om Hom in alles te doen. Ons het dit reeds ontvang, ons hoef nie nog daarvoor te vra nie. Ons het dit reeds!!


2 Pet 1: 3 Sy Goddelike krag het ons alles geskenk wat ons nodig het om te lewe en Hom te dien. Dit kom deurdat ons Hom ken wat ons geroep het deur sy heerlikheid en mag.


Ons het dus alles wat ons nodig het om te lewe. Hoekom kla ons dan so? Deur te lewe en Hom te dien het ons die kosbaarste en allergrootste gawes ontvang wat God aan ons belowe het. Besef ons wat ons regtig ontvang het? Is ons dankbaar genoeg vir dit wat ons ontvang?


Ons word so maklik in die wêreld vasgevang, dat ons soms die pad heeltemal verloor. Hier kry ons die oproep om die Here te dien en om te lewe en as ons dit regkry, kan ons die verderf ontvlug wat deur die begeerlikhede in die wêreld werksaam is. Ons moet 'n Goddelike natuur skep in ons lewens om die verderf te ontvlug.


[4] Deur dit te doen, het Hy ons die kosbaarste en allergrootste gawes geskenk wat Hy belowe het. Daardeur kan julle die verderf ontvlug wat deur begeerlikheid in die wêreld werksaam is, en deel kry aan die Goddelike natuur.


Hoe gaan ons dit doen?

[5] En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid (uitmuntendheid, ordentlikheid, integriteit, waardigheid, dapperheid), die deugsaamheid met kennis (begrip, bedoeling, belangrikheid), die kennis met selfbeheersing (om aan die woord van God vas te hou, vas te kleef), selfbeheersing met volharding (Paulus is 'n baie goeie voorbeeld van volharding, tenspyte van sy lyding het hy vasgeklou aan God se woord), volharding met godsvrug (eerbied, godsvresend), godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir ander mense (wat is liefde, liefde is die hoogste vorm van omgee wat daar is)


Wanneer ons hierdie eienskappe in onsself kan kweek en volmaak en ten doel het, sal ons met ywer en vrug die Here Jesus Christus beter leer ken.


Hoor wat staan in [9] Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger, hy is blind en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig is.


Wanneer jy weet dat jy dalk iewers kortskiet moet ons des te meer ons beywer om deur ons lewens te wys dat God ons geroep en uitgekies het. Dit word vir my so mooi uitgedruk in tweede gedeelte van [10] As julle hierdie dinge doen, sal julle nooit struikel nie en daar sal vir ons vrye en feestlike toegang wees tot die ewige koningkryk van onse Here en Verlosser, Jesus Christus.


Is dit nie hoekom ons lewe nie?


Kom ons probeer deur ons lewe, bewys dat God ons geroep en gekies, het om ander se lewens te verander. Kom ons streef daarna om met deugsaamheid, kennis, selfbeheersing, volharding en liefde te lewe.


Wanneer ons dit kan volmaak sal ons werklik lewe. Jou lewe sal wys dat jy in God is en God in jou en jy sal nie meer struikel nie. Maak dit ten doel om die roeping, wat ons as Christene, ontvang het te lewe.

11 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page