top of page

Wat is wysheid

Job 28



In die gedeelte beskryf Job hoe die wêreld aan die gang is. Daar word gemyn na gous en silwer. Daar word dinge na die lig toe gebring wat nog nooit gesien is nie.


Dan vra Job in vers 12, maar die wysheid, waar word dit gevind, waar is die woonplek van insig? In vers 13, Die mens ken nie die waarde daarvan nie, en dit word nie in die land van die lewendes gevind nie. Selfs die diepe water sê dit is nie by hom nie. Lees gerus die gedeelte verder. Job vra in vers 20, Die wysheid, waarkom dit vandaan?


Hy sê in vers 23 - Net God weet hoe die pad daarheen loop. net Hy die die woonplek van die wysheid.


Ek sluit af met vers 28. - En Hy het vir die mense gesê: Om die Here te dien is wysheid, om die kwaad te vermy is insig.


As jy die gedeelte lees sal jy sien dat dit wat ons vandag doen reeds in die jaar 500 vC gedoen. Niks het dus verander nie. Job benadruk die feit dat baie van ons nie weet wat wysheid is nie. Die dieptes van die aarde ken en weet nie van dit nie. Wysheid kan ook nie gekoop word met die suiwerste goud nie.


Wysheid is om die Here te dien, om sy wil te doen hier op aarde. Te luister na sy stel hier binne jou hart en om te vermy wat slegs. Die dinge wat verkeerd is toetaal en al te vermy.


Ons hoef nie in die aarde te gaan rondkrap om wysheid te soek nie. Dit is binne jou as jy 'n kind van God is. Gaan soek vandag die wysheid wat in jou hart is. Praat met God en vra Hom om die sleutel tot wysheid vir jou te gee. Wanneer jy die sleutel het sal die insig wat nodig is oopgesluit word.



14 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comentários


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page