Paulus leer die gemeente in Korinte dat geloof die belangrikste deel van ons lewens moet wees. In 2 Kor 5 vertel hy dat hulle nie moedeloos moet raak nie. Dit is moeilike omstandigehde waarin hulle lewe. Hulle bly in tente en trek rond en ten spyte van dit raak hy nie moedeloos nie.(2 Kor 4:16). Hy sê selfs dat die swaarkry is gering as dit vergelyk moet word met die lewe wat saam met God voorlê.
Hy stel dit so mooi in 2 Kor 4:18 - Ons oog is nie op die sigbare dinge gerig nie maar op die onsigbare dinge, want die sigbare dinge is tydelik en die onsigbare is ewig.
Hy gebruik die beeld van 'n tentwoning wat as aardsewoning voorstel wat dui op swaarkry en as dinge nie uitwerk soos ons dit beplan nie. Baie van ons voel dalk dieselfde omdat ons deur so baie in 'n dag dalk moet deurgaan. Paulus wat eers 'n vervolger van christene was, lewe naby aan God en sy geloof in God was baie sterk omdat hy in 2 Kor 5: 4 sê - Ons wat nog in die tent woning is, sug en voel bedruk omdat ons nie van die aardse woning afstand wil doen nie, ons wil die Hemelse bo-oor die aadse trek, sodat dit wat sterflik is, verteer kan word deur die lewe.
Ons almal weet met die kruisiging van Jesus en sy opvaar na die Hemel is die Heilige Gees vir ons gegee. Ons het die waarborg ontvang. Met die kruisiging is God besig om ons voor te berei vir 'n lewe saam met Hom en die waarborg is die Heilige Gees.
Nou vra ek myself af - Hoe lewe jy deur die Gees?
Geloof is om God te vertrou met alles wat ons hoop en nog meer om Hom te vetrou dat dinge wat ons nie eers nie, sal laat gebeur. Paulus stel dit so mooi in 2 Kor 5:7 - want ons lewe deur geloof, nie deur sien nie.
Ons het die waarborg ontvang deur die Gees kom ons laat die Gees toe om ons tentwoning, dit waarmee jy worstel, deur geloof by God neer te sit en te weet dat dit reeds afgehandel is. En jy sal vind dat jy baie beter af gaan wees.
Vertrou God met alles
Wanneer jy voor 'n struikelblok staan sê aanhoudend vir jouself -
VERTROU GOD MET ALLES
Comments