top of page

Wat moet ons as gelowiges doen?

Vertel ander van ons geloof

Paulus skryf vir die gemeente in Korintiërs en raak die punt aan van die apostels wat vir die mense moet vertel van Jesus. Hy skryf in 2 Kor 4: 13 die volgende - Die Heilige Gees werk deur ons almal. Dit is Hy wat ons laat glo. Ons doen daarom maar net wat een van die psalms sê: “Omdat ek in God glo, praat ek oor Hom.” Ons glo in Jesus; daarom is ons ook bereid om oor Hom te praat.


Ons almal weet dat ons roeping hier op aarde is om ander mense tot bekering en nader aan Jesus te bring. Dit is presies wat ek elke oggend doen met die kort gedagte van die dag stukkies. Die wêreld sal so 'n beter plek wees as elkeen van ons net sy bydrae lewer. Deur oor jou geloof en oor Jesus te praat gaan ander aanspoor om dalk nader aan God te leef.


Is jy bereid om oor Jesus te praat! Paulus stel dit so mooi, omdat in God glo, praat ek oor Hom. Baie dink dat dit 'n geweldige moeilike ding is om te doen, om oor God te praat.


Die Here het my baie jare gelede aangeraak en my met 'n gedagte gelos en dit is om geloof in God te bestudeer en dit met mense te deel. Dit gebeur baie dat ek in die aand my bybel oopmaak en as die Heilige Gees met my praat maak ek notas en werk deur dit die volgende oggend.


Dit is waaneer my dag begin, gewoontlik vroeg in die oggend. Baie mense sê dis sommer net toevallig, as ek in die oggend wakker word voel dit vir my as God vir my sê, kom kom opstaan tyd. Dis nou My en jou tyd. Dis regtig hoe ek dit beleef. Ek sal dan voor die rekenaar kom sit en die bybel oopmaak, dan gesels ek en God lekker. Dis dan waanneer Hy mygedagtes oopmaak om te hoor wat Hy vir my te sê het.


Soos ek nou met julle gesels is wat God van ons almal verwag. Dis so eenvoudig, jy kan die gedeelte wat God op jou hart gelê het, met 'n kollega deel of op 'n Whatsapp groep sit. Of dalk vir jou vriendin stuur wat deur moeilik tyd gaan. Die eerste gedeelte van vanoggend se skrif se baie duidelik, die Heilige Gees werk deur ons almal. Laat die Heilige Gees toe om te werk in jou. Ek en jy is net die instrument, die Heilige Gees sal die werk doen.


As ons in Suid-Afrika, 60 miljoen mense, net een iets oor God vir iemand ander sê, dit sal hemel op aarde wees. Kom ons doen wat Paulus sê, kom ons doen wat een psalm sê; Omdat ek in God glo, praat ek oor Hom.

5 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page