Dit gebeur seker met almal van ons, wanneer ons geloof verswak of as ons in 'n groef inval en net vergeet om te glo. Die opskrif van Hebreërs 11 is ( Wat geloof is) maar in die Boodskap weergawe is dit, Geloof is om te weet Jesus en God is dáár.
In hierdie gedeelte lees jy van al die voorbeelde van manne en vroue wat net in God geglo het. Dit is aangrypend om te lees waardeer elkeen van hulle is, en dit om naby God te wees.
Ek en jy ervaar dieselfde hier waar ons nou is. Ons is deur COVID, jou finansies klop nie, jy is dalk gediagnoseer met 'n siekte, jy het iemand aan die dood afgestaan. Ten spyte van alles moet ons maak soos die voorbeelde wat ons in Hebreërs 11 lees. Ons het soveel meer om ons te ondersteun.
Die Heilige Gees is op ons uitgestort om ons by te staan in die swaar oomblikke of die siekte. Ons moet die Heilige Gees toelaat om deur ons te werk. Nou vra jy die vraag, Hoe doen mens dit? Presies hoe die voorbeelde dit gedoen het. Hulle het alles na God toe gevat en Hom daarmee vertrou. Nêrens lees ons dat Abraham getwyfel of hy ooit kinders gaan hê nie. Selfs Dawid wat vir Goliat aangedurf het, het met oorgawe geweet dat die geveg reeds gewen is.
Of dit nou goed gaan met jou of sleg moet nie 'n verskil in jou geloof maak nie.Ons lees dat daar van die mense in die tronk gegooi is of lysftraf verduur het, en tog het hulle dit verkies want wat ons nie kan sien, soos daar in vers een geskryf is, is die eindpunt vir hulle. Dit is om saam met God te wees.
Niks in die wêreld moet ons geloof laat afwater of verswak nie. Ek en jy is uniek, volgens God se hand geskape, daarom sal ons omstandigehede ook anders wees. My geloof gaan dalk ook nie so sterk soos joune wees nie. Ons moet net bly glo en vertrou en God sal die res doen. Hy het duisende jare gelede so baie mense deur 'n woestyn laat trek en hulle veilig by hulle bestemming gebring. Hy sal dit vir my en vir jou ook doen.
Ons het die reeks oor hoe verstek ek my geloof gedoen en dit is iets wat ingeoefen moet word. Die ses stappe is:
Erken dat Jesus jou help om jou geloof te ontwikkel
Die woord eerste plek en hoogste gesag
Voed jou gees met die woord
Oordink die woord
Doen wat die woord sê
Prys en dank God
Pas hierdie ses stappe toe in jou lewe en jy sal ervaar hoe jou geloof sal groei en versterk. Laat die Heilige Gees toe om jou te venuwe.
Almagtige God en Vader my gebed is dat U elkeen wat hierdie kort stukkie lees sal vul met die Gees, dat elkeen sal besef hoe belangrik geloof in ons lewens moet wees. Help dat ons nie die pad sal verloor nie. My gebed is dat U elkeen se stem sal hoor en in hulle deur middel van die Gees sal ontmoet en sal help om te weet dat dit wat hulle beleef of deurgaan reeds hanteer is, dat die opdrag reeds gegee is en dat die uitkoms net soveel lekkerder sal wees.
AMEN
Comments