top of page
Writer's pictureGeloof

Wat moet ons as gelowiges doen? Bid vir meer geloof!!


Jesus vertel vir die dissipels in Lukas 17 (DB veergawe) dat daar baie sondes en versoekings in die wêreld is en dat die wat hulle skuldig maak aan dit , groot probeme op hande het.. Hy noem dat daardie persoon beter af gaan wees met 'n groot rots om sy nek onder in die see., God gaan hulle verskriklik swaar straf. Ons kan die erns van die saak in Jesus se stem hoor.


Jesus gee vir ons hier baie goeie raad volgens vers 3 - Sorg dat jy elke dag die regte pad loop. Wanneer dinge tussen jou en ander gelowiges skeef loop, stel dit dadelik reg. Veral wanneer 'n ander gelowige 'n lelike ding aan jou doen. Gaan spreek hom daaroor aan. As hy jammer is daaroor, moet jy hom dadelik vergewe en daarvan vergeet. Jesus sê al doen hy dit sewe keer elke dag moet ons hom elke keer vergewe, dan moet ons hom elke keer vergewe.


Jesus kom leer ons om wat ook al iemand aan my en jou doen, ons moet dit vergewe. Kom ons maak 'n punt daarvan om Jesus se raad te volg deur hierdie dag en vergewe daardie persoon maar die belangrikste is om te vergeet. Dit is afgehandel, finish en klaar.


Jesus se dissipels kom na Hom toe en sê dis so moeilik om al hierdie dinge te doen wat U sê. En ons geloof is so klein. Gee asseblief nog geloof vir ons. Jesus reageer dadelik, Hy het dus nie eers lank daaroor gedink nie, en Hy antwoord. (6) Weet julle, julle hoef nie baie geloof te hê om groot dinge vir die Here te doen nie. 'n Klein bietjie is meer as genoeg. Gebruik dit net. Kyk as julle geloof so groot soos 'n mosterd saadjie was, sou julle vir die vyeboom sê 'Skuif! Gaan staan in die middel van die see. Dan sal die boom na julle geluister het en see toe geskuif het.


Jesus kom leer ons vandag dat ons het alles wat ons nodig het om tot diens van God te wees. As jou geloof nog nie so groot is soos 'n mosterdsaadjie is nie, bid dan vir meer geloof en jy sal dit ontvang. Laat die geloof jou lei deur die dag, die oproepe wat jy maak, die mense met wie jy praat, dit wat jy vir ander sê, die liefde wat jy gee deur iemand wat jy eerste groet. Wanneer Jesus in jou raak gesien word met jou optredes is genoeg om iemand anders se lewe te verander.


Almagtige Vader, dankie vir al U liefde vir ons. Dat ons kan stil raak in hierdie nuwe dag en U genade kan aanvoel. Help ons vandag om die bietjie geloof wat ons het tot eer van U naam sal gebruik. Dat ons sal vergewe die wat verkeerdelik teenoor ons opgetree het. Gee ons die krag om diep binne ons oor elke situasie sal dink voordat ons reageer. Raak elkeen wat hier lees, geestelik aan om gehoorsaam aan U te wees. Gee aan elkeen genoeg geloof om tot U diensbaar te wees.



AMEN

14 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page