Ons lees in Handelinge 14:22 dat Paulus die gelowiges in Antogië bemoedig en aanspoor om getrou te bly aan die geloof. Hy sê ; Ons sal eers deur baie verdrukking moet gaan voordat ons in die koningkryk van God kom.
Dinge gaan nie altyd maklik wees nie, daar sal moeilike tye en maklike tye wees maar Paulus vermaan ons om sterk te staan in geloof. Soos ons die afgelope rukkie geleer het dat ons geloof ontwikkel moet word vorm hierdie ook deel daarvan. Ons moet Jesus toelaat om ons geloof te ontwikkel om dit sterker te maak en dit kan net gebur as ons tyd in die woord spandeer, die woord oordink, te luister wat die woord sê en dan te doen wat ons geleer is uit die woord..
Dit is die enigste manier om deur die verdrukking te kan kom. Om soos Paulus en die manne deur hulle verdrukkings kon kom.
Ons lees in Handleinge 14 dat Paulus met klippe gegooi is en uitgejou is. Die pyn en leiding moes baie erg gewees het. Tog het Paulus en Barnabas het in Ikonium wonderwerk gedoen deur een man wat van geboorte af verlam was gesond te maak.
Ek dink nie ek of jy verstaan hoe baie krag daar in geloof is nie. Ons kan so baie doen met geloof. As ons geloof maar net so groot was soos 'n mosterd saad, kan ons vir die berg sê, skuif jouself en hy sal dit doen.
Geloof is om oortuig te wees van die dinge wat ons hoop en om verseker te wees van die dinge wat ons nie sien nie. Lees dit weer.
Baie van ons dink geloof is 'n baie oppervlakkige gevoel wat jy kry as jy in iets glo, of jou hoop in iets sit. Nee geloof is die baie sterker as dit. Dit is om ten volle oortuig te wees.
Ons word so maklik van die spoor af gegooi as ons in iets glo en hoop en dit gebeur nie soos ons dit gesien het nie. Moet nie moed verloor nie, Paulus sê in Handelinge 13:42 - Paulus het vir die heidene wat oorgegaan het na die jodedom toe gesê en hulle aangemoedig om die genade van God te bly vertrou.
Hy doen dit ook in Handeling 11:23 met die woorde - Hy het almal aangemoedig om met hart en siel aan die Here getrou te bly.
Almagtige God, ons dank U vir hierdie bemoedigende woorde en waarskuwing om getrou te bly aan die geloof. Geloof speel 'n baie belangrike rol in elkeen van ons se lewens en dit is my gebed vir elkeen vanoggend om Jesus toe te laat om hulle geloof te ontwikkel. Om tyd in die woord te spandeer en te oordink en om Jesus toe te laat om geloof te ontwikkel.
Comments