top of page

Wat moet ons as gelowiges doen? - Doen alles deur geloof


Romeine 14: 22 - 23

Natuurlik het jy die reg om te glo soos jy glo. Maar onthou, dit is in die eerste plek ’n saak tussen God en jou. Dit is wonderlik as jy nie met ’n klomp skuldgevoelens opgeskeep sit oor hoe jy God dien nie. Maar as jy twyfel of dit wat jy doen reg is - as jy byvoorbeeld vleis eet terwyl jy nie weet of jy dit mag doen nie - is jy skuldig voor God. As dit wat jy doen nie uit jou geloofsoortuigings voortspruit nie, is dit sonde.


As jy iets doen en jy glo nie dat dit die regte ding is om te doen nie, sê Paulus dis sonde. Om alles deur geloof te doen beteken om oortuig te wees dat dit die regte ding is om te doen. Wat is geloof, om oortuig te wees van die dinge wat ons hoop en om verseker te wees oor die dinge wat ons nie sien nie.


Elkeen van ons het sy eie manier om te glo en nie een is verkeerd nie daarom is dit belangrik om aan te hou en nie ander se maniere van glo sleg te sê nie of te veroordeel nie. Johannes die apostel skryf in 1 Joh 3: 21 - Geliefdes, as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons die vrymoedigheid om na God te gaan.


Hy skryf ook in 1 Joh 5:14 - Ons kan heeltemal vry en vol selfvertroue met God praat.


Ons het nou geleer dat ons nie ander kan veroordeel dat hulle op 'n sekere manier glo, anders as wat jy glo nie. Ons kan vry en vol selfvertroue met God praat. Ons het dus die geleentheid om dit met God op te neem en dan met vertroue die situasie te hanteer. Ons hoef dus nie sleg te voel as jy in 'n moeilike situasie kom nie. Vertou dat die antwoord wat jy van God ontvang sal jou gewete skoonwas en jy sal gemaklik voel.


In hierdie sondige wêreld waarin ons leef is ons so maklik geneig om ander te oordeel en sleg te sê maar dus juis wat God ons vandag wil leer. Nader tot My sê God en ek sal vir jou die regte antwoorde gee. Hoe meer jy tot God nader , hoe groter sal jou geloof in Hom raak. Die Here soek ons volle aandag want Hy is honger om ons met nog meer te salf en lief te hê.


Kan jy jouself indink, dat daar een dag is wat alles volgens jou planne uit werk. Baie sal sê dis onmoontlik. By God is alles moontlik. Al wat ons moet doen is om to Hom te nader en jy sal die dag van jou lewe beleef, elke dag.


God wil hê ons moet ons pyn en seer, hartseer, twyfel , alles na Hom toe bring want Hy staan gereed om ons te help. Ons moet alles doen, en ek bedoel alles, deur geloof. As ons dit vir God gegee het is die antwoord reeds vir jou gegee, jy moet net glo en an God se stem luister.


Hoor hoe mooi stel Paulus dit in Efe 3:12 - Omdat ons Jesus s’n is en op Hom vertrou, hoef ons nou nie meer bang te wees om na God toe te gaan nie. Ons kan dit vol vertroue doen sonder om te wonder of ons mag.


Baie van ons is dalk bang of weet nie hoe om God te nader nie. God is in jou deur die Heilige Gees wat jou sal dryf en lei. Raak stil, hoor en voel hoe die Heilige Gees in jou aan die werk is.

8 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page