Dit is vir almal belangrik dat ons groei. Of dit nou jou besigheid is, jou huwelik, jou finansies en miskien jou verhouding met jou huweliksmat en kinders. Om te groei gee energie om nog meer te groei en beinvloed ander. As mense sien dat jou besigheid groei praat hulle daaroor en dit raak dan 'n voorbeeld en hulle streef dit na.
So moet ons geloof ook groei en vir ander tot voorbeeld wees. Paulus skryf in sy eerste brief aan die gemeente in Tessalonisense en bedank hulle omdat dit so goed gaan met die gelowiges. Hy skryf in 1 Tess 1: 3 Sonder ophou bring ons dan voor God ons Vader in herrinering die werk van julle geloof, die inspanning van julle liefde en die volharding van julle hoop op ons Here Jesus Christus.
Paulus skryf ook in vers 6 die volgende - In baie meoilike omstandighede het julle die woord aangeneem met 'n boodskap wat van die Heilige Gees kom. So het julle 'n voorbeeld geword vir die gelowiges in Masedonië en in Agaje.
Waaneer 'n mens se geloof groei raak dit aansteeklik en ander sal aanklank vind daarby. Dit is soos 'n groot miswolk wat oor die dorp oortrek en almal sal praat daaroor en ook dan tot bekering kom.
Almal ken die bekende vers Gal 5:6 - Al wat van belang is , is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan.
Net deur jou dade, om in geloof te lewe, sal maak dat ander dit raaksien, en ook jou voorbeeld volg.
Baie mense sê dat dit moeilik is om te glo. Ek ondervind dit weer anders. Daar is 'n spreek woord wat sê selfsigtigheid is die duiwel se oorkissing. Wanneer jy selfsigtug is sal die duiwel dit probeer gebruik om jou van die spoor te kry. Hy sal jou aanhou aanval tot dat jy ingee en hy die oorwinning behaal. Wanneer jy oor iets bid moet jy reeds aanvaar dat dit sal gebeur of jy sal dit ontvang, want alles wat in in God se Naam vra sal ons ontvang. Dit gebeur dalk nie soos jy dalk dit wil hê moet gebeur nie, maar jy sal dit ontvang of dalk nog beter uitwerk as wat jy gedink het.
Ons dien 'n lewende God wat ons ongelooflik lief het, wat selfs sy Seun vir ons opgeoffer het. Hoekom sal Hy dan nie vir ons help nie.Ons moet onsself leer om dit vir God te gee en dan te vergeet daarvan. Dit is in God se hande. Hy sal dit hanteer. Dit is eintlik wat geloof is.
Ek het geen twyfel nie, as ons dit kan reg kry gaan ek en jy 'n groot invloed wees vir ander. Dit is dan wanneer jou geloof groei. Dit is dan wanneer ander dit gaan raak sien en tot bekering kom.
Dit word bevestig in Romeine 8:25 - Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volhadring.
Comments