top of page

Wat moet ons as gelowiges doen? Kombineer ons geloof met hoop en liefde


Die bekende gedeelte in die bybel 1 Kor: 13 wat handel oor liefde het ons almal seker al gelees maar kom ons kyk 'n bietjie dieper in die woord. Ons wat gelowig is, is geroep om dissipels vir God te wees. Ons is dus geroep om van mense dissipels te maak.


Elkeen van ons ontvang gawes van God en nie een van ons is dieselfde nie daarom is dit belangrik dat ek en jy moet weet waar ons met God staan. Ons moet weet wat se gawe ontvang is want dit moet tot eer van God gebruik word. Ek persoonlik dink geloof is die gawe wat ek ontvang het van God en daarom het Hy my die opdrag gegee om die Facebook blad, Glo in God, te begin en ook die webtuiste www.geloof.live van waar ek alles beheer en skryf.


Hoor wat sê Paulus as ons nie al ons gawes gebruik nie. 1 Kor 13:2 - Sê nou ek kan uitstekend preek, is hoog geleerd in die dinge van die Here en verstaan dinge van God wat ander mense nie eens weet nie, en boonop het ek nog die grootste geloof wat jy jou kan voorstel, maar ek het nie ander mense lief nie, is ek vir die Here ’n nul op ’n kontrak.

Wat is liefde?

Vir my is liefde die hoogste vorm van omgee. Elkeen van ons mag dit dalk ander sien want ons omstandighede verskil maar dit bly liefde.


Paulus sê baie duidelik dat as ons die gawe van liefde nie tot eer van God gebruik nie, is dit vir God 'n nul op 'n krontak.


Hier is 'n paar riglyne wat liefde is volgens 1 Kor 13: 4-5

  • om ander lief te hê beteken om nooit iemand sleg te behandel wat jou irriteer nie;

  • om altyd alle mense so te hanteer dat hulle graag by jou wil wees sonder om bang te wees dat jy hulle sleg sal behandel

  • om ander mense dit wat hulle het of kry te gun sonder om lelik te wees as hulle dinge het wat jy nie het nie;

  • om nie heeltyd oor jouself te praat en te spog nie

  • om nie heeltyd te maak asof jy soveel beter as ander mense is nie

  • om nie ongeskik te wees nie, maar jou so te gedra dat ander nie ongemaklik saam met jou voel nie

  • om nie net heeltyd aan jouself en jou eie voordeel te dink nie

  • om nie sommer vir niks kwaad te word nie, en om nie elke liewe dingetjie wat iemand verkeerd doen te onthou sodat jy hom kan terugkry nie.

Lees dit gerus weer. Kyk wat in jou hart aangaan en wat sien jy. Dit laat 'n mens diep nadink of jy regtig weet wat liefde is.


Die wonder van liefde volgens Paulus is:

  • Vers 6 - Maar liefde het ook grense: liefde kan nooit kant kies vir dinge wat verkeerd is nie. Net so sal liefde altyd net bly wees oor dit wat regtig gebeur soos God dit bedoel het.

  • Vers 7 - Liefde beskerm waar mense beskerming nodig het; liefde glo altyd die beste van ander mense en verwag dit ook van hulle. Liefde ken ook g’n einde nie.

  • Vers 8 - Liefde is nie iets wat ’n mens kan opgebruik en dan sê dis klaar nie. Maar die spesiale geskenke wat die Gees aan mense gee, soos om God se Woord oor te dra of in “spesiale tale” te praat, of om dinge van die godsdiens te verstaan waarvan ander nie veel weet nie, dit sal nie vir altyd hou nie. Daar sal ’n tyd kom wanneer die Gees dit nie meer vir mense sal gee nie, omdat dit nie meer nodig sal wees nie.

  • Vers 10 - Ons weet in elk geval nou nie alles nie en wat ons vir julle van God se wil vertel, is ook nie alles wat daar is om te weet nie.

Dit is baie duidelik uit 1 Kor 13 dat maak nie saak watter gawes ons gebruik om vir God te behaag nie, as ons nie liefde het nie beteken dit niks. God verwag van ons om dit proiriteit te maak. Om liefde eerste te stel en die res sal in plek val.


Om iemand eerste vriendelik te groet, met 'n "smile", sal daardie persoon se dag verander. Dit is makliker om iemand met liefde te benader en van God te vertel as om hom/haar trompop te loop en van God te vertel.


Kom ons maak dit 'n prioriteit om liefde eerste te stel.


3 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comentarios


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page