top of page
Writer's pictureGeloof

Wat moet ons as gelowiges doen? - Staan vas in die geloof

Paulus sluit sy eerste brief aan die Korinte af met 'n versoek. Dit is dalk ook vir my en jou ook 'n versoek om te luister wat hy sê.



1 Kor 16:13 - Wees waaksaam, staan vas in die geloof, wees manmoedig, wees sterk!


Paulus kom en gee vir ons baie gereedskap om die duiwel te weerstaan.


Om waaksaam te wees beteken dat jy op die uitkyk moet wees van wat rondom jou aangaan. Daar gebeur so baie dinge in my en jou lewe daagliks, en dit is moeilik om alles in te neem, maar ons moet onsself leer om op die uitkyk te wees vir aanslae van die duiwel. Hy begin by die klein dingetjie en maak dit al hoe groter, todat jy dit as normaal beskou. Maak tyd om stil te raak en te dink en dan op te tree. Dit sal jou help om dinge rondom jou in beter persektief te sien en help om reg op te tree.


Die Amplified bybel stel dit vir my so mooi, Stand firm in faith. Ons moet standpunt inneem wanneer dit oor geloof gaan. Dit is iets wat jy vir jouself moet leer elke keer as daar 'n aanval van die duiwel is. Sê vir jouself dat ek gaan nie toegee aan sy versoek nie. Ons moet dit kan toepas orals in die lewe. Wanneer jy voor die struikel blok kom herhaal 1 Kor 16:13 aan. Sê vir die duiwel, ek weet wat jy wil doen en ek gaan nie toegee aan jou versoeke nie.


Om manmoedig te wees beteken vir my om nie bang te wees vir iets nie. Moenie bang wees om iets te doen nie en om ook die gevolge daarvan te dra. Om manmoedig in geloof te wees is om nie bang te wees om iets te doen of aan te pak nie want jy weet dat God in beheer is en dat Hy die beste vir ons wil hê. En as dit nou nie is wat ons beplan het nie, moet ons weet dat God se plan is die beste. Wanneer jy iets in geloof aanpak en manmoedig is het die duiwel geen houvas op jou nie. Hy sal later nie eers meer probeer om jou aan te val nie. Hy sal iemand ander gaan soek wat maklik oortuig kan word.


Die laaste opdrag van Paulus is om sterk te wees. Vir my beteken dit om te kan terug baklei teen die aanslae van die duiwel. 'n Goeie atleet of rugby speler is fisies sterk want hy doen sekere oefening om hom sterk te maak. So moet ons ook oefen om ons geloof sterk te maak. Tyd in die gim is om tyd by God te spandeer. Ons ontvang al ons krag van God af.

Fillipense 4:13 : “Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee”.

Tyd by God sal vir my en jou die krag gee wat nodig is om sterk te wees en wanneer ons sterk is sal ons waaksaam wees, manmoedig wees en ons sal vas staan in die geloof.

Almagtige God, dankie dat U ons weer die opdrag kom gee om waaksaam te wees, manmoedig te wees en van te staan in die geloof. Versterk ons geloof in U om vir die duiwel by die venster uit te kan gooi. Here help elkeen wat hier lees om U krag te ontvang sodat elkeen se geloof ontwikkel kan word. In U Naam bid ek dit.

AMEN

6 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page