top of page
Writer's pictureGeloof

Wat moet ons as gelowiges doen? Verheug God deur ons geloof


Hebreërs 11 is seker een van die boeke in die bybel. Die vaders van geloof word in hierdie een hoofstuk saam gevat.


Nou vra ek myself af, "Hoe verheug ek God met my geloof?


Hoor hoe mooi stel Paulus dit in vers 6 (die boodskap weergawe). Dit kan nie gebeur as 'n mens nie op God vertrou nie. En daar is 'n goeie rede voor: 'n mens sal God net soek en na Hom toe gaan as jy oortuig is en vertrou dat Hy daar is en dat Hy mense wat na Hom toe met oop arms ontvang.


Daar het ons dit nou uit die perd se bel. As ons God nie vertrou nie is die geloof wat ons het niks werd nie.


Hoekom sê ek so?


As ons in die geskiedenis gaan kyk is daar baie voorbeelde wat die bogenoemde stelling bewys.


1) Noag - Het vertrou wat God gesê gaan gebeur en het die ark gebou sonder dat daar eers enige teken van reën was. Noag het gewys dat vertroue op God 'n mens vrymaak voor God


2) Abraham - Hy is gesê om sy goed te vat en te trek na 'n plek wat hy nie eers geweet het bestaan nie. En wat het hy gedoen, hy het geluister en God vertrou en vir 'n lank in sy tent gaan woon. Abraham het heeltyd uitgesien na die stad wat met fondamente gebou moes word. Hoekom het Abraham dit gedoen vers 9 - En die rede: hy het God heeltemal vertrou.


Hy was ook baie oud en hy en sy vrou Sara kon nie kinders hê nie. En wat het gebeur, daar het 'n nageslag gekom het wat vandag nie getel kan word nie. Dit is so baie soos die sterre in die hemel of die sandkorrels op die strand


God gee vir Abraham die opdrag om vir Isak te gaan doodmaak. Abraham het geglo dat God hom weer lewend sal maak daarom het hy gedoen wat God van hom verwag het. Abraham het op God se belofte gestaan dat daar 'n groot nageslag sal wees. Vers 19 - Dit het nie vir hom logies geklink nie maar hy het God vertrou.


3) Abraham, Isak en Jakob - Kyk wat staan in vers 13 -Hulle het nog nie alles gekry wat God beloof het nie. Nogtans het hulle op God bly vertrou tot hulle dood. Soos mense wat in die toekoms kon inkyk het hulle gesien wat God nog sou doen en hulle was baie bly daaroor.


OM OP GOD TE VERTROU MAAK 'N VERSKIL


Hoekom sê ek so?


Hier is 'n paar voorbeelde uit Hebreërs 11


Vers 20 - Omdat Isak God vertrou het, kon hy sy seuns, Jakob en Esau, 'n goeie toekoms beloof.

Vers 21 - Jakob het net so op God vertrou. Toe hy op sy sterfbed lê, het hy ook vir sy kinders 'n mooi toekoms beloof. So, terwyl hy op sy kierie leun het hy hom met God in aanbidding gepraat.

Vers 22 - Dieselfde het met Josef gebeur, want hy het ook in God geglo. Toe hy begin voel dat die dood nader kom, het hy die Israeliete vertel hoe God sal sorg dat hulle uit Egipte sal trek.


Ons moet ons verheug in die geloof wat ons van God ontvang. Om deur hierdie voorbeelde te lees is net weer vir my 'n "eye opener" om te besef hoe lief God ons regtig het. Ons het dit soveel makliker vandag as 2000 jaar gelede. Met al die tegnologie en dinge tot ons beskikking, moet ons vertroue en geloof in God baie sterker wees.


Gaan lees gerus op een van die vorige blogs, hoe om jou geloof te ontwikkel, en versterk jou band met God. Mag die voorbeeld van die geloofs "icon" jou dryf wees om God in alles te vertrou en te weet dat maak nie saak wat gebeur nie, dat God altyd daar en in beheer is.


Almagtige God en Vader, dankie dat U hierdie legendes vanoggend met ons deel en dat hulle vir ons 'n aansporing kan wees om U met alles te vertrou. Dat ons geloof in U sal versterk en dat ons ons sal verheug in die geloof wat ons in U stel. Help ons om soos die legendes sal getuig en ander sal verander met die geloof wat ons in U het.


AMEN

3 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page