top of page
Writer's pictureGeloof

Wat moet ons as gelowiges doen? - Volhard in geloof


Kolosense 1:23 - Maar dan moet julle vas en sterk bly staan in die geloof en julle nie laat losruk van die hoop wat in julle gewek is deur die evangelie wat julle gehoor het nie.


Kom ons wees sommer eerlik met mekaar. Ons almal het sonde. Daar is nie 'n groot sonde of klein sonde nie. Sonde bly sonde.


Die enigste manier hoe ons van die sonde gaan losbreek is eerstens om die sonde te herken. Louis Malherbe, die bekende skrywer, het gesê, gee die sonde 'n naam. Tweedens moet ons daardie sonde voor Jesus en die Heilige Gees neerlê en opreg jou skuld bely. Deur dit te doen sal jou geloof verder ontwikkel word en jou help om volgende keer weerstand te gee wanneer die duiwel weer vat plek wil kry. Ons het 'n rukkie gelede die ses stappe bestudeer hoe om jou geloof te ontwikkel en deur dit 'n naam te gee, by Jesus se voete neer te sit en te erken sal veroorsaak dat jou geloof sal groei.


Daar is so baie dinge wat met ons deur die dag gebeur dat ons aan die einde van die dag nie kan onthou van al die goeie en slegte dinge wat met ons gebeur het nie. So is dit ook met die sondes wat ons gepleeg het. Louis Malherbe het altyd 'n klein boekie in sy sak gehad en die linkerkantse bladsy was vir die goeie en die regtekant was vir die slegte dinge. Wanneer iets gebeur, goed of sleg, teken dit aan.


Wanneer jy dan stil raak kan jy vir God dankie sê en ook verskoning vra. Die proses sal jou dan help om tydig jou sondes te bely maar ook help om nie jou hoop wat vir ons gegee is deur Jesus se kruis dood te verloor nie. Wanneer die regterkant van die boekie se lys langer is as die linkerkant kan 'n mens baie makliker verval in nog meer sonde doen. Deur dit na Jesus toe te vat sal jou geloof versterk en verhoed om verdere sondes te doen.


Wanneer ons alles by Jesus se voete neersit is dit wanneer ons volhard in geloof. Die Heilige Gees gaan nie toelaat dat Satan houvas op jou gaan kry nie. Hy sal jou sterkmaak en krag gee om daardie sonde te weerstaan.

8 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page