top of page

Wat ons as gelowige moet doen? Stry vir die geloof

Een van die korste boeke, as dit nie die kotste is nie, Judas, vertel eintlik vir ons so baie.

Ons lewe in 'n wêreld wat deur sonde en losbandigheid gedryf word. As jy net vat alles wat on ons land aangaan is dit dalk nodig dat ons baie meer klem moet lê en meer te stry vir die geloof. Eskom, ander staatsdepartmente en die regering almal is uit op om meer mag te kry en alles draai oor geld. Word al die besluite wat geneem word deur liefde gedoen of deur geloof gedoen. Selfs godsdiens word by skole verban.


Ek dink dit is tyd dat ons opstaan en stry vir die geloof in ons land. Deur gebed en die krag van die Heilige Gees is die enigste uitweg om die duiwel te verdryf in alles wat in ons land gebeur. Ek en jy het die verantwoordelikheid om deur gebed weer vir God toe te laat om ons land se finansies te hanteer. Nou sal julle dalk sê dit klink na 'n onmoontlike saak. As ons geloof maar net so groot is soos 'n mosterd saad kan ons vir die berge, die regeining, eskom ens, sê God wil beheer vat, dan sal dit so wees.


Dit staan baie duidelik in vers 22 - Oor die wat in twyfel verkeer, moet julle julle ontferm. Ander moet julle red deur hulle uit die vuur te ruk. Oor ander moet julle julle met versigtiheid ontferm.


Hoe doen ons dit? Ons kry die antwoord in vers 20-21 - Julle geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees. Bly in die liefde vir God. Vestig steeds julle verwagtinge op die barmhartigheid van ons Here Jesus Christus wat die ewige lewe aan julle sal gee.


Wat Judas vir ons kom sê is dat ons, die gelowiges, sal moet opstaan en standpunt vir God inneem. Ons moet stry dat die geloof weer terug gebring sal word in ons regering, in ons land, in ons gemeenskappe. Kom ons stry vir die geloof deur die krag van gebed en deur die krag van die Heilige Gees.


Maak 'n punt daarvan om hierdie tipe probleme in gebed na God te neem want dit is my en jou verantwoordelikheid om dit te doen.


Almagtige God en Vader, ons is voor U met danksegging en ons kom bid vanoggend vir ons land, regering en al die ander probleme, soos plassmoorde ens, en ons lê dit voor U neer. Ons gebed is dat U die Heilige Gees opdrag sal gee om beheer oor ons land en sy mense te kom nee. Ons weet Here dat U luitser en dat U ons nie terleur sal stel nie. U is 'n God van liefde.

Hoor ons harts gesange en kom help ons om deur die krag van die Heilige Gees ons gebed te beantwoord.


Ons bid dit in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees.


Amen

4 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page