2 Kor 4 - Lees dit gerus -
My goeie vriend, Paulus, het soveel verduur om God te behaag en tog is hy altyd so positief en vol Godsenergie dat dit aansteeklik raak.
Kom ons wees eerlik, ons almal het probleme en ek dink Paulus sin was dalk baie erger as wat ons dink . Gesien in die lig van sy geskiedenis en agtergrond, moes hy baie vyande gehad het. Hy het gegaan van Godshater tot Godsliefhebber. Hy het dit sy doel gemaak om 'n dienaar van God te wees. Sy nederige woorde in 2 Kor 4:1 - God is goed vir my, Hy het my aangestel as sy dienaar om die goeie nuus oor Christus oor te vertel. Dit is hoekom probleme hom nooit onderkry want hy sê dit self.
Paulus streef daarna om te wys wie Christus is, die ewebeeld van God. Hy beleef ook dat die Here hom nuutgemaak het en sy lewe verander het en hoe groot en vol heerlikheid God regtig is.
Ek is oortuig dat God al almal van ons nuutgemaak het. Tye waar jy dalk die pad verloor het, het Jesus gekom en jou nuut gemaak. Hy het dit doen aan die kruis van Golgota. Nie net het Hy die kruis oorwin nie maar ook die dood wat vir my en jou nuwe lewe bring.
Uit hiedie paar vers is dit duidelik dat Paulus 'n dood gewone mens soos ek en jy was. Dit staan in vers 7 - Die lewe stamp my ook maar goed rond. Lees dit weer. Die lewe stamp hom goed rond. Hy lig 'n besonderse punt uit deur te sê, tog dra ek 'n baie waardevolle skat hier binne my rond, Christus Jesus.
Nou kom die vraag by my op, Hoekom twyfel ons so gou in onsself en tog op die ou einde in God? Paulus noem dat God los hom nooit alleen nie en sal ook nie vir ons alleen los nie. Hy was onderstebo geloop en het elke keer weer opgestaan.
Hoe kry Paulus dit reg?
Sy raad is, die Heilige Gees werk deur ons almal, dit is Hy wat ons laat glo.
Ons hoop lê in vers 17. Ons bietjie swaarkry hier en nou weeg nie op teen die goeie dinge wat vir ons wag in God se nuwe wêreld nie. Hy sê baie duidleik, Ek het nie genoeg woorde om vir julle te beskryf hoe wonderlik dit sal wees nie. Die grootsheid en heerlikheid daarvan sal absute oorweldigend wees. Sy oog is net op God se wêreld ingestel.
Hier het ons dit nou, stel jou oog in op God, vertrou die Heilige Gees wat ons lei en ervaar die grootsheid en heerlikeheid van God, wat absulute oorweldigend sal wees.
Here God, hier waar ons na U grootsheid en heerlikheid soek, kom bid ek vandag dat elkeen wat hier lees U grootsheid sal raaksien, beleef en die genot van U teenwoordigheid sal beleef. Dit is my gebed dat U, soos U met Paulus 'n pad gestap het, U met ons ook sal wees. Dat U teenwoordigheid helder sal skyn sodat ons nie die dinge van die wêreld sal raaksien nie.
Here U is goed vir ons, U dra ons deur al ons tekortkominge, siekte, finansiële probleme en ook deur die dinge wat rondom gebeur. Ek kom bid vanoggend dat U met elkeen sal wees wat hier lees, hulle sal sëen en krag sal gee om soos Paulus nie deur sy probleme ondergekry word nie.
AMEN
Comments