top of page
Writer's pictureGeloof

Wie is die belangrikste in die koninkryk van die hemel?


Dit is die vraag wat die dissipels aan Jesus gevra het in Matt18:1. Dit is ook sker 'n vraag wat ek en jy vra.


Lees gerus Matt: 18 om regtig perspektief te kry oor die vraag.


Hierdie was eintlik gevra om te wil weet wie die belangrikste van al die dissipels is.


Probeer ons nie ook maar om beter te wees as ander nie. Daar is altyd 'n geveg om die belangrikste posisie te wil hê. In Jesus se oë was dit seker baie kinderagtig want hy roep 'n kind nader en laat hom/haar tussen hulle staan en Jesus sê vir die dissipels, "Dit verseker ek julle: As julle nie verander en soos kindrtjies word nie, sal julle beslis nie in die koningkryk van die hemel kom nie.


As jy terug dink in jou lewe, hoe dit afgespeel het. Dinge wat gebeur het en hoe jy op alles gereageer het. Het ons nie maar onsself in situasie bevind waar jy altyd die beste wil wees, die eerstespan sport speel of A gemiddeld in die klas te kry nie.


Jesus self kom sê vanoggend vir my en jou, ons moet alles benader soos'n kind. Met kinderlike oë na ons probleme kyk. As jy dalk siek is moet jy vertroue in God hê soos jy gehad het toe jy klein was, soos jy in jou ma se medisyne geglo het of wanneer jy jou pa vir 'n motorfiets gevra het, omdat jou vriend dalk al mototfiets het, en jou pa besluit om vir jou net 'n fiets te gee. Die teleurstelling van jou drome wat aanskerwe lê. Tog is jou pa gou vergewe omdat jy nog net 'n kind was.


Jesus sê baie duidelik dat ek en jy sal moet verander anders verbeur ons die kans om in die koningkryk van die hemel te kom.


As kind het jy jou ouers vertrou, in hulle geglo dat hulle net die beste vir jou wil gee, dat hulle liefde vir jou opreg was en wanneer jy vir sakgeld gevra het, jy wel gekry het. Soms was dit dalk nie die bedrag wat ingedagte gehad het nie maar daar was altyd voorsien.


So moet ons ook voor God wees, Hom vertrou met alles. Sy liefde vir ons is baie groter as wat ek en jy kan dink. Is jy bereid om jou kind op te offer?


Maak die besluit nou hier waar jy nou die boodskap lees om God te volg soos 'n kind.





4 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page