top of page
Writer's pictureGeloof

Wie is ons gids om deur elke dag te kom?

Dawid skryf in Psalm 25:5 - Laat U waarheid my lei en onderrig my daarin, want U is God, my redder. In U stel ek elke dag my verwagting.


Ons oortree daagliks so baie en tog is God altyd daar. Dawid as te ware pleit by God om hom te lei en te onderrig om alke dag deur God gelei te moet word. Dawid moes God met alles vertrou en sy hoop in Hom vestig. Moet ek en jy die ook dit doen nie. Dit is presies wat Dawid gedoen het met die woorde in vers 5 - In U stel ek elke dag my verwagting. Kom ons maak 'n punt daarvan om ons hoop op God te vestig en ek bedoel in elke ding.


Jesus het met sy kruisiging vir ons die Heilige Gees gebring om ons te onderrig en te lei. Joh 14:16-17 - Ek sal die Vader vra, en Hy sal vir julle 'n ander voorspraak stuur, naamlik die Gees van die waarheid. Die wêreld kan Hom nie ontvang nie, omdat hulle Hom nie ken nie. Maar julle ken Hom omdat Hy by julle bly en in julle sal wees.


Besef ek en jy hoe geweldig bevoorreg ons is om met die woorde en met die Heilige Gees geseën te wees. Kan ons regtig kla oor iets? Ons het die beste raadgewer wat elke oomblik by ons is. Die raadgewer wat nie nie sal sê wat om te doen nie maar dalk daardie voorgevoel gee, deur jou gedagtes te laat gaan om nie die kontrak by die werk dalk te teken nie. Ons almal kry die gevoel of selfs die gedagte maar wat ons daarmee maak is wat belangrik is. Gaan ons luister en volg of gaan ons voort soos ons dit wil hê.


Dink jouself in, as ek en jy saam met Jesus en die dissipel in die kamer was waarin die Heilige Gees op hulle uitgestort was.. Kan jy die oomblik van volmaakheid voel. Die oomblik waarin jy nie omgee wat met jou gebeur nie. Jy weet dit is in God se hande.


Ons moet die oomblik elke dag die beleef, of dit nou vroeg oggend is of tydens jou etenstyd of wanneer jy dalk huis toe bestuur. Kom ons soek daai oomblik, die oomblik wat jou dag sal verander. Waaneer jy die warm gevoel in jou hart sal kry en weet dat die Heilige Gees is by jou.


Kom ons soek die Heilige Gees in alles wat ons doen, Die dissipels het dit reggekry, hoekom nie ons nie. Soek God in alles en die Heilige Gees, daai stemmetjie in jou agterkop, sal jou op die regte pad vat, sal deure vir jou oopmaak, sal die siekte genees, of jou van jou droom werk voorsien. Vertrou net en dit sal gebeur.




10 views0 comments

Recent Posts

See All

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus, Wat moet ons as gelowiges doen? Wanneer jy die boek Handelinge lees, sal jy agterkom dat die boodskap van Christus Jesus, deur...

Koffie gesprek saam met Paulus

Paulus nou dat ons weet wat gebeur wanneer ons glo is die vraag - Wat moet ons as gelowegis doen? Geloof is die een van die belangrikste...

Comments


GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page