top of page

Waarhede van die geloof is belangrik

'Hulle moet verbind wees aan die geopenbaarde waarheid van die Christelike geloof, en hulle moet met ’n skoon gewete leef. 

Dit moet op die skrif gegrond wees

'Die hele Skrif kom direk van God af. Daaruit kan ons so baie leer. Dit help ons om te wys waar mense die pad byster raak en om hulle weer reg te help. Uit die Skrif kan ons ook vir mense wys hoe God wil hê hulle moet leef. 

Dit moet op die skrif gegrond wees

'My liewe vriende, ek het al lankal besluit om aan julle te skryf. My plan was om met julle te praat oor wat dit vir ons almal beteken om in Christus te glo. Maar toe ek hoor wat daar by julle aan die gang is, het ek dadelik van plan verander. Nou skryf ek om julle aan te spoor - nee, om julle te smeek! - om wal te gooi. Julle moet keer dat die ware geloof deur allerhande vals stories verdraai word. Julle weet tog dat die goeie nuus oor Christus eens en vir altyd deur God se boodskappers aan ons almal in die kerk bekendgemaak is. Niemand kan nog enigiets daarby voeg nie. 

GELOOF
HEB 11:1
OM TE GLO IS OM SEKER TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS HOOP EN OM OORTUIG TE WEES VAN DIE DINGE WAT ONS NIE SIEN NIE

bottom of page